Vakature: Voltydse predikantspos (Reglement 14)

Vakature: Voltydse predikantspos (Reglement 14)

Kerknuus:

 

Uitgestuur deur KERKNUUS namens NG GEMEENTE SOMERSTRAND
Stuur alle eposse aan acv.vanwyk@gmail.com Klik hier vir aanlyn weergawe…

NGK Somerstrand

Vakature: Voltydse predikantspos (Reglement 14)

Gemeente profiel
Somerstrand is ‘n voorstedelike gemeente in die Nelson Mandela Metropool. Die gemeente bestaan uit 832 lidmate (711 belydend; 121 doop).
Somerstrand Gemeente is geroep om mekaar te begelei in geloofsvorming (LUISTER), sodat ons by God se werk in die wêreld kan aansluit (LEEF).
Ons is verbind aan die volgende kernwaardes:

  • Ons verwelkom almal (Insluitend)
  • Ons luister na God (Geloofsonderskeidend)
  • Ons is en maak dissipels (Bybelse geloofsvorming)
  • Ons gee om (Verhoudings)
  • Ons reik uit (Gestuur)
  • Ons waag in die geloof (Waagmoed)

Doel van aanstelling
Om bykomende leraar-kapasiteit te skep wat veral ‘n bydrae tov die volgende kan maak:

  • Die effektiewe bediening van die jeug en jong gesinne.
  • Die implementering van die strategiese en bedryfsprioriteite van die gemeente.
  • Die ondersteuning van kontinuïteit gegewe die aftrede van die gemeente se huidige leraar in 2023.
  • Buigbaarheid, veral aanpasbaarheid by die gemeente se finansiële realiteite.

Leraarsprofiel
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde is die kernvereistes waaraan die suksesvolle kandidaat moet voldoen:

  • Diep gelowige
  • Dinamiese en Skrifgetroue prediking
  • Bewese rekord binne ‘n gemeente, spesifiek tov van die prioriteite en kernwaardes van die Somerstrand gemeente
  • Strategiese en bemagtigende leierskap spesifiek binne spanverband
  • Vermoë om families en jeug te bedien 
  • ‘Mens wees’ (liefde, omgee, interaksie)
  • Self aangedrewe (inisiatief, energiek, entoesiasme)

Vergoeding:
Volgens die Oos-Kaapland sinode se sinodale riglyne (TKVI).

Aansoeke:
Volledige CV met toepaslike referente per epos: acv.vanwyk@gmail.com. Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude.

SLUITINGSDATUM: 17 Januarie 2022

DIENSAANVAARDING: Soos ooreengekom

Navrae: Chris van Wyk 084 574 9191

Deur die indiening van hul CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hul CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NGK Somerstrand vir die beroepingsproses gebruik kan word.
Die kerkraad hou hom die reg voor om nie ‘n aanstelling uit aansoeke te maak nie.

 

KERKNUUS…nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure
Comments are closed.
Follow by Email
Ontvang nuus van Kerknuus?    JA Nee dankie