Werkswyse
Werkswyse:
- U stuur vir ons die advertensie/berig in MS Word formaat na kantoor@kerknuus.com of kantoor@skolenuus.co.za
- U kan dit ook stuur as ʼn JPG (ongeveer A5 grootte) of ʼn PDF (Ons verander ʼn PDF ook na ʼn JPG om dit in te sluit in die epos). Ons sal die grafika “resize” en ook verklein soos nodig.
- Ons stuur vir u ‘n proef om te proeflees.
- Sodra u tevrede is, gaan ons voort met die verspreiding.
- Grafika tot ‘n maksimum van 150kb word ingesluit in die epos. Grafika groter as 150kb word op die Kerknuus-web geplaas en word deur die ontvanger afgelaai deur te klik op “Download pictures” – die doel is om e-posse kleiner as 200kb te hou ter wille van bandwydte en internetverkeer.
- Aanhangsels kleiner as 150kb word uitgestuur teen dieselfde koste as ‘n logo van 150kb; aangangsels groter as 150kb word op die Kerknuus-web geplaas en verwys in die e-pos.
Adresse:
Alle eposse word van Kerknuus se epos-adresse af gestuur. U naam en Kerknuus se epos adres verskyn dus in die “sender” blokkie. Indien u dit verkies, kan ons die epos so uitstuur dat dit na u eie epos adres “reply”. Baie van die “servers” tel egter eposse met verskillende “from” en “reply to” adresse op as SPAM en daarom verkies ons om slegs Kerknuus se adresse te gebruik. Ons dui egter duidelik aan dat die ontvangers na u eie epos adres moet reageer. Eposse wat wel by Kerknuus uitkom, word onmiddellik aan u gestuur.
Betaling:
Nadat ons dit suksesvol gestuur het, aan die einde van die betrokke maand, stuur ons ‘n faktuur aan u waarna u die kostes kan vereffen.
NEEM KENNIS: Die e-posse neem ongeveer 1 – 24 ure om te stuur afhangende van die grootte van die e-pos (Kerknuus stuur slegs 6 eposse per minuut soos voorgeskryf deur wetgewing). In die geval waar ons ‘n e-pos na al die ontvangers stuur, neem dit ongeveer 24 ure om te stuur.
Kerknuus.com behou die reg voor om ‘n berig/advertensie te stuur of nie te stuur nie. Kerknuus.com aanvaar egter geen verantwoordelikheid vir die inhoud van enige berig of advertensie nie. Kerknuus.com wil die groter liggaam van Christus dien en sal geen berigte/advertensies uitstuur in stryd hiermee nie.