|
Beste bedienaar van
die Woord, welkom by my splinternuwe reeks: Sondagsessies # - die roete
wat ek besluit het om te gaan met 15 nuwe liedjies wat ek gekomponeer
en getoonset het. Hierdie liedjie, Adonai
(Meester), wil jou inspireer
om op 'n pad met steiltes en slaggate, telkens weer na Hom te draai wat
jou op die pad sal lei en rig. Hoop jy geniet dit so, dat jy dit met 'n
paar ander sal deel. Kliek net op die skakel hieronder om na die
liedjie te luister. Sondagsessiegroete. Jacob
|
Sondagsessies via Whatsapp
Nou nooi ek jou hartlik uit om op hierdie groep, Sondagsessies, vir DV
die volgende paar weke en maande te vertoef.
Op hierdie groep gaan jy geen ander boodskappe ontvang as net die link
van die betrokke Sondagsessie se lied nie; en dalk 'n gedagte oor die
liedjie van my kant af.
Jy is egter welkom om jou kommentaar en of gedagtes / refleksies oor
die lied na my persoonlike whatsapp toe te stuur as jy wil - ek sal dit
eintlik baie waardeer.
Stuur asb die link aan ander as jy so gelei word en of stuur ander se
name en selfoonnommers wat sou wou deel vorm van Sondagsessies na 079
516 7321. Dit is ook op my persoonlike facebook blad te kry.
Welkom op hierdie geestelike reis.
Mag dit jou geestelik en emosioneel verryk en versterk in die taal en
klank wat ons deel.
Enkele riglyne wat dit vir jou nog meer sinvol kan maak:
Luister verkieslik / as jy kan met 'n versterker of oorfone om die
fyner nuanses, byvoorbeeld die tweede bas, op te tel.
Jy kan die lied dikwels deel maak van jou stiltetyd want elke lied is
uit stiltetyd gebore...
Kliek "more" op die youtube-skakel
om by die teks van elke lied uit te kom vir as jy sekere gedeeltes wil
volg of saam sing.
Ek deel elke lied met jou vanuit my hart en die oortuiging wat ons
deel...
Vriendelike groete
Jacob
|
|
|
|