Vakature: Leraar – kontrakpos vir 2 jaar – NG Fouriesburg

Vakature: Leraar – kontrakpos vir 2 jaar – NG Fouriesburg

Kerknuus:

 

Uitgestuur deur KERKNUUS namens NG GEMEENTE FOURIESBURG
Stuur alle eposse aan ngkfouriesb@polka.co.za Klik hier vir aanlyn weergawe…

Gemeente profiel:

  • Fouriesburg is ‘n plattelandse gemeente wat bestaan uit plaas (4) sowel as dorpswyke (5).
  • Fouriesburg is geleë in die skilderagtige Oos-Vrystaat. Sowat 250km vanaf Bloemfontein.
  • Die Pos is ‘n vastetermynpos vir 2 jaar wat met wedersydse instemming verleng kan word.
  • Fouriesburg bestaan uit net oor die 200 belydende lidmate en ongeveer 50 doop lidmate.

Leraarsprofiel:
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • Iemand wees wat die Here liefhet en ‘n roeping het om in Sy diens te staan.
  • Oor fyn aanvoeling vir bediening aan alle ouderdomsgroepe beskik.
  • Entoesiasties wees oor Gereformeerde Skrifgetroue prediking.
  • ‘n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Pastorale versorging as belangrik ag.
  • Leiding kan neem en met kerkraad en lidmate as ‘n span kan saamwerk.
  • Huis en siekebesoeke binne gemeentegrense doen.
  • Kategese leiding neem.
  • Noue betrokkenheid met boeregemeenskap is van groot belang.

Vergoeding:
Vir meer besonderhede: Kontak Johan van der Merwe 082 371 4714.

Aansoeke:
Volledige CV met toepaslike referente aan skriba (elektronies) epos adres: ngkfouriesb@polka.co.za
Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude en ‘n preekbeurt.

SLUITINGSDATUM: 31 Januarie 2022
DIENSAANVAARDING: Soos ooreengekom

Navrae: Johan van der Merwe 082 371 4714

Die kerkraad hou hom die reg voor om nie ‘n aanstelling uit aansoeke te maak nie.

 

KERKNUUS…nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure
Comments are closed.
Follow by Email
Ontvang nuus van Kerknuus?    JA Nee dankie