DIE JONA-KOMLEKS
Die Jona-kompleks is ‘n nuwe publikasie wat
lesers help om die boodskap van Jona te ontdek soos wat jy die
inhoud nog nie verstaan het nie. Die werk is op die jongste
navorsing gebaseer en bied talle nuwe ontdekkings. Die inhoud is
opwindend, lees maklik en is hoogs verrykend. Die boek is as Bybelstudiehandleiding geskryf,
maar is terselfdertyd bedoel om as ‘n waardevolle sleutel vir preekvoorbereiding te
dien. Die werk bestaan uit 36 hoofstukke en beloof om ‘n groot
treffer te wees. As jy lief is vir nuwe ontdekkings in die woord
van die Here, gaan jy beslis van hierdie publikasie hou.
Van die onderwerpe sluit in … en het jy geweet?:
- Jona se naam beteken: "Die wilde duif is die seun van die
HERE wat getrou is".
- Die vis wat Jona ingesluk en uitgespoeg het, was ‘n
mannetjie vis.
- Met Jona in sy buik was dit ‘n wyfievis.
- Wat die betekenis van Nineve se veertig dae was.
- Jona het dubbele standaarde gehad.
- Jona se plant was nie ‘n plantvariëteit nie. Kom, ontdek
wat dit was.
- Die reg om kwaad te word.
- Die oop slot plaas jóú in Jona se skoene.
- Jesus en die teken van Jona.
- Waarom Jesus Petrus "Barjona" genoem het.
- Verhale oor Paulus gebruik Jona-motiewe.
Die Hebreeuse teks is kundig en verstaanbaar uitgelê. Elke
hoofstuk is van kantaantekeninge voorsien, ‘n besondere begrip van
die motiewe in die verhaal, ‘n boodskap, besprekingsvrae en ‘n
gebed.
Formaat: Sagteband. Bladsye: 158 bladsye.
Prys: R150.00 (plus
koerierskoste; sal kwoteer). Bestellings en Navrae: Selfoon: 072
633 3367, of e-pos: nvtonder@vodamail.co.za.
|