VRYGESPREEK: DAGSTUKKIES MET ‘n VERSKIL

VRYGESPREEK: DAGSTUKKIES MET ‘n VERSKIL

Kerknuus:

 

Uitgestuur deur KERKNUUS namens EUGENE PIENAAR
Stuur alle eposse aan solidfood0021@gmail.com Klik hier vir aanlyn weergawe…
VRYGESPREEK: DAGSTUKKIES MET ‘n VERSKIL

VRYGESPREEK is ‘n bundel met 32 daaglikse oordenkings wat op Paulus se brief aan die Romeine gebaseer is. In teenstelling met vele dagstukkie bundels wat vandag in Afrikaans op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ‘n poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif vers vir vers te bestudeer. Maar benewens agtergrond inligting en konteks, word die Skrif ook toegepas en word gepoog om ‘n boodskap in elke dag se gedeelte te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te bestudeer ten einde geestelike groei aan te wakker.
 
Die boek is in maklik leesbare taal geskryf en is geskik vir gebruik tydens persoonlike stiltetye of Bybelstudiegroepe.
 
Skrywer:       Eugene Pienaar
Formaat:       Sagteband
Bladsye:       152 bladsye
Prys:              R130 (plus versendingskoste indien van toepassing)
Bestellings:  Stuur Whatsapp boodskap na 082 552 3582
of ‘n e-pos na: solidfood0021@gmail.com

 

 

 


KERKNUUS…nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure
Comments are closed.
Follow by Email
Ontvang nuus van Kerknuus?    JA Nee dankie