Groei persoonlik en leer hoe om met vaardigheid ‘n verskil te
maak
Gevorderde pogram in
Pastorale Narratiewe Berading
Predikante: 100 VBO punte
CPSC lede: Die volle 20 punte per jaar
Signo Professionele Assosiasie:
Die volle 40 punte per jaar
Predikante en onderwysers wat
daagliks met mense werk is deeglik onder die besef van die impak
wat hulle het. Selfs waar hulle verwysings doen na ander beroepe
soos sielkundiges of maatskaplike werkers het hulle ‘n
belangrike verhoudingsrol en voortgaande bydra tot kollegas,
kinders, en gemeenskappe se welwese.
Sommige gemeentes gebruik die
program om in ‘n area hulle gemeentelede op te lei as
hulpverleners. Ander wat inskryf bly in hierdie ondersteunende
rol terwyl daar ook hulle is wat kies om uiteindelik
‘n hulpverleningspraktyk te vestig en aan te sluit by CPSC of
SignoPro.
Coram Deo is ‘n nie-denominasie
gekoppelde en onafhanklike landswye Pastorale Berading en
Narratiewe Terapie opleidingsentrum. Vir sowat twintig jaar leer
ons Universiteit van Pretoria geakkrediteerde Gevorderde Program
in Pastorale Narratiewe Terapie mense om aan die hand van
ervarings en die verhale in die samelewing (van kinders,
kollegas, kerke en ander werkplekke, of individuele
beradingkliënte) saam op reis te wees. Ons bevorder herstel,
heelheid en groei.
Meer
hier: http://coramdeo.co.za/pastoral-narrative-therapy-course/
Bly op
hoogte en skryf in op ons nuusbrief, hier: http://eepurl.com/gCZbPH

|