Die
NG Gemeente Witrivier, ʼn
plattelandse gemeente in die skilderagtige Laeveld van
Mpumalanga met 1 100 belydende lidmate en 300 dooplidmate,
nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te
doen vir ‘n voltydse medeleraarspos.
Gemeenteprofiel:
-
Die gemeente se karakter en
visie is om ‘n Oase van Jesusliefde te wees.
-
Die gemeente het ‘n sterk
musiek- en lofprysingbediening en strewe daarna om
tegnologie ten volle te benut in die bereiking van ons
doelwitte.
-
Die gemeente het ‘n aktiewe
bediening van kleingroepe.
-
Vyf fokusareas waaruit
verskillende bedienings en verskeie projekte aan
lidmate die kans bied om hulle gawes onder leiding van
bedieningsleiers uit te leef bestaan uit: Volg Jesus,
Vind Vriende, Verdiep Saam, Vertel Verder en
Verantwoordelike Rentmeesters.
Posprofiel: Daar sal van die geskikte
kandidaat verwag word om verantwoordelikheid te aanvaar
vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9
van die Kerkorde. Daar sal verder van hom/haar verwag word
om onder andere die volgende funksies te verrig:
-
Inspirerende effektiewe Skrifgetroue prediking vir
verskillende teikengroepe;
-
Vaardig in interaktiewe bediening in ‘n digitale wêreld en
aanlynbediening;
-
Bewese leierseienskap- en bestuursvaardighede wat op
visionêre wyse toegepas word en in spanverband kan
saamwerk;
-
Die uitbou van ‘n gasvrye atmosfeer en lidmate intrek en
betrek in bedieninge;
-
Opbou en uitbou van dissipelskap deur middel van onder
andere kleingroepe, effektiewe bediening aan gesinne sowel
as werkende jong lidmate;
-
Toerusting van lidmate vir die uitleef van hul roeping
teenoor mekaar en die wêreld;
-
Bou van verhoudinge met die breër gemeenskap waarbinne NG
Witrivier funksioneer.
Vergoeding: ’n Mededingende
vergoedingspakket sal onderhandel word. Behuising word
voorsien of ‘n alternatiewe behuisingsubsidie is
onderhandelbaar.
Aansoeke: Aansoeke geskied deur
middel van ‘n CV, met ‘n dekbrief waarin die motivering vir
die aansoek uiteengesit word. Name en kontakbesonderhede
van drie referente. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n
onderhoud tussen 4 en 10 November 2021 en om vir ‘n
preekgeleentheid genooi te word. Die kandidaat moet ook
bereid wees om psigometriese en gawetoetse te ondergaan.
Diensaanvaarding so vroeg as moontlik in 2022.
Rig asseblief u aansoek en navrae
aan: Thabo Pienaar (Uitvoerende bestuurder)
bestuur@ngwitrivier.co.za of 083
349 6588
Die kerkraad behou hom die reg
voor om geen aanstelling te maak nie.
|