NG ARANOS – VOLTYDSE LERAAR

NG ARANOS – VOLTYDSE LERAAR

Kerknuus:

 

Uitgestuur deur KERKNUUS namens NG GEMEENTE ARANOS (NAMIBIë)
Stuur alle eposse aan aranosng@iway.na Klik hier vir aanlyn weergawe…
NG KERK ARANOS: NAMIBIË

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

GEMEENTEPROFIEL:
Die gemeente is geleë in die Sentrale Oostelike deel van Namibië in die Kalahari, en bestaan uit 295 belydende en 81 dooplidmate. Die hoofbedryf in die omgewing is veeboerdery.

BEDIENINGSFOKUS:
Die begeleiding van die onderlinge geestelike versorging en opbou van die gelowiges om hulle in staat te stel om as Christene in die wêreld te kan leef en getuig. Die prioriteite van hierdie fokus is die gevolg van ‘n langdurige en intense droogte, asook die gevolge van die Coronavirus-krisis.

LERAARSPROFIEL:
‘n Ten volle opgeleide predikant, wat by een van die erkende geregistreerde opleidingsfasiliteite van die Nederduitse Gereformeerde Kerk opgelei is, en gelegitimeer is in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Beantwoord aan die bedieningsvereistes van Art 9 van die KO van die NG Kerk

BESONDERE VEREISTES:

  • Besondere geestelike en persoonlike volwassenheid in die hantering van menseverhoudinge en spanwerk
  • Die vermoë om jonger mense te bereik.
  • Goeie fisiese gesond om die bediening oor groot afstande te kan hanteer.
  • Verkieslik Namibiese burger

Kandidate wat hulleself in hierdie profiel sien is welkom om hulle beskikbaar te stel vir beroeping.
Stuur asb ‘n kort CV, met twee verwysings en twee video preke na:
Die voorsitter: Bedieningskommissie, NG Kerk Aranos: aranosng@iway.na
Sluitigsdatum: 30 September 2021

 

KERKNUUS…nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure
Comments are closed.
Follow by Email
Ontvang nuus van Kerknuus?    JA Nee dankie