Gemeenteprofiel
Universiteitsoord is ’n gemeente wat bely dat God mense lief het en dat die Here alle mense in liefde en genade insluit en gebruik in Sy koninkryk. Ons probeer om as geloofsfamilie hierdie radikale liefde van God uit te leef en om God se wye, veelkleurige en onverdiende genade sonder voorbehoud uit te deel. Universiteitsoord is geleë in die hartjie van Tuks. Die gemeente bedien studente van ooraloor wat ‘n geestelike tuiste soek, maar so ook gesinne en ander mense vanoor die hele land.
Kosterprofiel
In ‘n opwindende studente-omgewing laat veranderende omstandighede ons nuut dink oor ons personeel, terrein en geboue.
Die koster is verantwoordelik vir steundienste om te verseker dat die kerkgeboue, terrein en toerusting altyd bruikbaar, werkend en aantreklik is, asook vir steundienste tydens eredienste, aktiwiteite en funksies.
Die ideale kandidaat sal kan organiseer, tegniese vaardighede en ervaring in toesighouding hê, inisiatief aan die dag kan lê en goeie verhoudinge kan handhaaf.
Vergoeding
Werksure en vergoeding sal onderhandel word. Gratis verblyf op die kerkterrein vorm deel van die pakket. Diensaanvaarding so spoedig moontlik.
Aansoeke
Aansoekvorms en posuitkomste is per e-pos by Petra@universiteitsoord.co.za beskikbaar. Die sluitingsdatum vir indiening van voltooide aansoekvorms is Dinsdag 23 November 2021. Die kerkraad behou hom steeds die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.
Navrae by
Rig navrae aan Flip Erasmus by erasmuspm.pvt@gmail.com of tel: 082 922 4422
|