
|
RASIONELE GODSDIENS
DAGSTUKKIES VIR DENKENDE CHRISTENEDR ENRICO CASALEGGIO
Hierdie boekie bestaan uit ‘n aantal kort bydraes in die apologetiek. Die oorspronklike betekenis van "apologetiek" word ontleen aan 1 Petrus 3:15, waar Petrus sê dat gelowiges altyd gereed moet wees om aan ander ‘n antwoord te gee in terme van kwessies rakende die geloof. Dit kom uit ‘n kulturele wêreld waar dit beteken het dat jy jou eie saak in die hof verdedig.
Hoeveel Christene kan in gesprek tree met Moslems, Hindoes, Ateïste en Jehowa se Getuies? Dit is tragies dat baie Christene tevrede is met die melkkos van die geloof. Mense in die kerk dra dikwels ook nie veel kennis van sektes en kultusse nie.
Hierdie boekie is meestal gegrond op die skrywer se eie ervaring en gesprekke met priesters en navolgers van ander gelowe, sowel as kultusse en sektes. Dit spreek van self dat daar nie op volledigheid aanspraak gemaak word nie. Die doel is juis om die leerstellings van ander gelowe so kort moontlik saam te vat. Die hoop is dat hierdie boekie ander sal motiveer om in die eerste plek meer van die Christelike godsdiens te weet, maar dan ook van ander godsdienste, sektes en kultusse.
Geen wetenskap word beoefen sodat die beoefening daarvan die doel op sigself is nie. Dieselfde geld ook vir apologetiek. Dit word beoefen tot eer van God, maar ook om deur debat en gesprek die Evangelie aan ander te bring.
Formaat: Sagteband, A5. Bladsye: 114 bladsye. Prys: R110.00 (plus koerierskoste). Bestellings en navrae: enrico.casaleggio@absamail.co.za ngfpark@xsinet.co.za
|