Geroep vir God se doel

Geroep vir God se doel

Kerknuus:

 

Uitgestuur deur KERKNUUS namens FRANCOIS CARR
Stuur alle eposse aan fcarr@heartcrysa.co.za Klik hier vir aanlyn weergawe…

Dierbares in die Here.

Groete in Sy lieflike naam.  Ek vertrou dat dit goed gaan met u almal.   

My boek, Leef in kontak – wees en word die volgeling wat jy bedoel is om te wees is nou beskikbaar in Afrikaans.   

Christenskap gaan nie oor wat ons van God weet nie, maar hoe dit wat ons van God weet, ons in sy ewebeed verander.   In Leef in kontak bestudeer ons Markus 3:13 – 15, en die oproep om by Jesus te wees, die oproep om deur Hom verander en getransformeer te word, en die opdrag om namens Hom uit te gaan. Ons sal op ons effektiefste en suksesvolste wees in die bereiking van ons volle potensiaal indien ons die metode en strategie volg wat Jesus vir ons voorbehou het. Die Here Jesus, wat Homself openbaar maak as die doelwit van ons geloof en die model van ons lewe.

Ons wil geestelike leiers en gemeentes aanmoedig om deur die boek te lees, en die relevante studies en opdragte te voltooi. Dit sal gemeentes in staat stel om hulle lidmate te begelei en toe te rus om soos Jesus te leef en op te tree. Die leiers-en-studie gids sal later in die jaar beskikbaar wees. 

Boekprys – die handelsprys is R249 per boek, maar die boek is tans beskikbaar vir R225 (10% afslag) as ’n bekendstellingsprys tot en met die 24 ste November.  Daar normale prys met afslag vir 5 eksemplare en meer.

Zoom Vergadering – 24 November 2021.  Ons beplan ’n spesiale “Kom Kyk” bekendstelling van die boek, materiaal en proses vir diegene wat sou belangstel.  Ons wil u graag uitnooi om deel te wees daarvan.  Laat weet my asb per epos (fcarr@heartcrysa.co.za) om vir u te bespreek vir die Zoom vergadering. 

Opleidings geleenthede – ons beplan verskeie opleidings geleenthede op Saterdae (of weekdsdae na gelang van behoefte) in 2022 in elke provinsie of streek.  Kontak my ook reeds indien jy sou belangstel om deel te wees daarvan of selfs jou gemeente en fasiliteite beskikbaar stel vir so opleidingsessie.  Ons sal meer besonderhede bekend maak later in die jaar en die 24 November.  

Ek glo dat die lees van die boek jou sal help om die volgeling van Jesus te wees en te word wat jy bedoel is om te wees.  

Dit is my gebed vir jou. 

Hierby aangeheg is ’n bekendstellings brosjure en ’n ‘sample’ van die eerste 25 bladsye. 

Francois Carr (NDPM, BTH, MCC, D.MIN)
Executive Director – Heart Cry/Connected/Te Deum Tours
PO Box 90262, Garsfontein, Pretoria, RSA 
Office: + 27(0)12 941 9334; Fax: + 27(0)86 550 2904
Mobile: + 27(0)724256098
Website: www.heartcrysa.com Website: www.francoiscarr.com Email: fcarr@heartcrysa.co.za

 
Laai bekendstellingsbrosjure HIER af

 


KERKNUUS…nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure
Comments are closed.
Follow by Email
Ontvang nuus van Kerknuus?    JA Nee dankie