Gratis Digitale Learning Community 4 November
Een lewe van Integriteit: Die geheime én publieke lewe
van ‘n gelowige
Ekerk bied graag ons laaste Digitale Learning Community aan
vir 2021. Ons nooi jou graag na hierdie gratis geleentheid toe
op Donderdag 4 November 2021.
Ons tema
die oggend is "Een lewe van Integriteit: Die
geheime én publieke lewe van ‘n gelowige".
Jy word uitgenooi na hierdie Digitale Learning
Community toe die 4de November 2021 van 10:00 – 12:00.
‘n Lewe van integriteit is van kardinale belang vir
geestelike leiers asook vir elke gelowige. Die sinkronisering
van ons publieke en geheime lewe volgens God se wil. Kom reis
saam die oggend van die 4de November waar ons na verskeie
geestelike leier luister en kyk die oggend wat gesels oor
hierdie tema.
Ons sprekers vir hierdie geleentheid is:
Louie Giglio (Leier, Passion City Church,
Atlanta) en hy gaan gesels via ‘n video opname die oggend oor
sy nuutste boek "The enemy at the table." Tydens hierdie
sessie gaan hy ‘n uiteensetting gee van maniere om in vrede en
veiligheid ‘n lewe van integriteit te leef in enige uitdagende
omstandigheid of situasie.
Nelis Janse van
Rensburg: (leraar Welgemoed Gemeente) gesels die
oggend met ons regstreeks oor "Die geheime lewe van ‘n
Christen(leier)".
Lettie Buchner (leraar:
Wellington Moederkerk) se tema vir die oggend is "’n Lewe van
integriteit: Van agter die skerms tot voor die skerms vir
Christus".
Laastens gaan Stephan Joubert (ekerk)
vir ons ‘n paar riglyne gee van 1 Petrus en sy tema is "Om
heilig te leef in ‘n onheilige lewe: Lesse uit 1 Petrus".
Tema: Een lewe van Integriteit: Die geheime
én publieke lewe van ‘n gelowige.
Plek:
Regstreeks deur middel van video (sodra daar geregistreer
is sal ‘n e-pos gestuur word met die skakel in asook jou
unieke wagwoord om in te teken en saam te kyk die oggend.
Indien jy nie die e-pos gekry het nie, asb kyk in jou spam of
junk folder. So sal daar ook die oggend van die 4de November
‘n sms gestuur word met dieselfde inligting om in te teken en
saam te kyk die dag.)
Jy het net ‘n
internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die
regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en
die OPNAME GAAN SLEGS VIR 7 DAE NA DIE GELEENTHEID
BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Ongelukkig
gaan die VBO punte slegs toegeken kan word indien die
regstreekse uitsending die oggend bygewoon word. Neem asb
kennis dat alhoewel dit ‘n gratis geleentheid is, jy asb moet
registreer om die skakel na die geleentheid te kry en so ook
na die opname te kyk. Geen registrasie, geen toegang.*
Tyd: 10:00 – 12:00
Datum:
4 November 2021
Koste: Gratis. Neem
asb kennis dat registrasie vir die geleentheid sluit 4
November 2021 om 07:00.
Daar sal 5 VBO-punte
toegeken word vir die bywoning van hierdie regstreekse leer
geleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word
indien jy geregistreer het en indien die regstreekse
uitsending die oggend bygewoon word.
* Reg
van toegang voorbehou deur ekerk direksie
Registreer
by hierdie skakel:
https://www.ekerk.org/digitalelc4nov2021
|