TUSSEN STOF EN
PAPIRUS
Aandag word geskenk aan nuwe ontdekkings en
bevindinge wat op die Bybel betrekking het, in besonder tussen ou
Israel en Egipte.
Die inhoud bestaan uit 31 hoofstukke en behandel onderwerpe wat
in die rubriek oor Bybelse Argeologie op Pretoria FM en DStv
kanaal 887 uitgesaai is, met onder andere:
- Nod, die plek waar Kain gaan bly het.
- Waar die toring van Babel gebou was.
- Wat Bybelse melaatsheid presies was.
- Die wyse vrou van Abel-bet-Maäka.
- Die Slag waar die Perse Egipte met katte bestook het.
- Hatshepsut en Moses in die mandjie.
- Die moord op Farao Rameses III.
- Die Nasaret wat Jesus geken het.
- Die opgang en val van Simon Magus.
- Die groot altaar van Pergamum.
Die inhoud is interessant, goed nagevors en sal groot byval by
Bybellesers vind. Al die bydraes lees maklik en is in ’n lekker
verteltrant geskryf. Bladsye: 199 (70 kleurillustrasies). Formaat: 160 mm x 235
mm. Prys: R300.00 (plus koerierskoste volgens kwotasie).
Bestellings: Neels van Tonder by
nvtonder@vodamail.co.za.
|