NG Gemeente Universiteitsoord
Vakature – Koster (Vastetermynpos)
Uitdagende werk in ‘n opwindende studente-omgewing.
Veranderende omstandighede laat ons nuut dink oor ons
personeel, terrein en geboue. Aansoekvorms is per
e-pos by
Petra@universiteitsoord.co.za beskikbaar. Die
sluitingsdatum vir indiening van voltooide aansoekvorms is
Maandag 29 Maart 2021. Navrae by:
albert@quantum3.co.za of by tel: 082 823 3280
Werksure, vergoeding en die gebruik van ’n woonstel op die
kerkterrein sal onderhandel word. Diensaanvaarding
so spoedig moontlik.
Die koster is verantwoordelik vir
steundienste om te verseker dat die kerkgeboue, terrein en
toerusting altyd bruikbaar, werkend en aantreklik is,
asook vir steundienste tydens aktiwiteite en funksies.
Die ideale kandidaat sal kan
organiseer, tegniese vaardighede en ervaring in
toesighouding hê, inisiatief aan die dag kan lê en goeie
verhoudinge kan handhaaf.
Gemeenteprofiel
Universiteitsoord is geroep om vir studente van oraloor,
wat aan die Universiteit van Pretoria studeer, ‘n
geestelike tuiste te wees. Ons skep vir studente ‘n ruimte
waar hulle kan voel hulle behoort en terselfdertyd ‘n
platform vanwaar hulle kan beweeg om ‘n verskil in die
wêreld te maak. Om stabiliteit en vastigheid te gee aan ‘n
bediening waarvan die lidmate eintlik in transito is, is
‘n lewendige residensiële gemeente deel van
Universiteitsoord.
|