NG GEMEENTE RIVERSDAL-WES
(WES-KAAP PROVINSIE) |
Vakature: Voltydse Predikant |
Sluitingsdatum: 07 Junie 2022
|
Gelegitimeerde predikante in die NG Kerk word
uitgenooi om aansoek te doen vir die permanente pos van
voltydse leraar by die NG Gemeente Riversdal-Wes, Riversdal.
GEMEENTEPROFIEL: NG Gemeente
Riversdal-Wes in Riversdal is ‘n gevestigde
geloofsgemeenskap in die Suid-Kaap geleë aan die voet van
die Langeberge. Riversdal is die hoofdorp in die
Hessequa Munisipaliteit en bekend vir skole van
uitnemendheid. Daar is twee NG gemeentes op die dorp
en ons gemeente bestaan uit sowat 567
belydende lidmate en 123 dooplidmate.
Skole en ouetehuise is deel van die bedieningsfokus.
Die lidmaat verspreiding verteenwoordig alle
ouderdomsgroepe. Die gemeente plaas ‘n hoë premie op
spanwerk en samewerking binne die gemeente en breër
gemeenskap. Samewerking met ander plaaslike gemeentes,
asook skakeling met skole, is belangrik. Die
bedieningstyl is gemaklik, inklusief, en verskillende
spiritualiteite word akkommodeer. Werksaamhede en
verantwoordelikhede word gerig deur die gemeente se
strategiese- en jaarplan, fokus areas, projekte, en
prioriteite. Ons beskou onsself as ‘n meelewende en omgee
gemeente. Ons gemeente se visie is: “CHRISTUS
IS ONS VREUGDE”. LERAARSPROFIEL: Die
geskikte kandidaat sal verantwoordelikheid en
aanspreeklikheid vir alle fasette van die bediening en
gemeentewerk aanvaar, soos vervat in Artikel 9 van die
Kerkorde. Die minimum vereistes waaraan voldoen moet
word is die volgende: |
- ‘n Predikant van NG Kerk en bedienaar van die
Woord wat die voorgeskrewe legitimasie-verklaring
onderteken het. Geen beperking (wetmatig of andersins)
om in diens te tree nie.
- Afrikaanssprekend en Engels vaardig.
- Geldige bestuurderslisensie.
- ‘n Minimum van 10 jaar en verkieslik nie meer as 15
jaar ervaring in voltydse gemeente bediening.
Inspirerende, effektiewe Skrifgetroue prediking vir
verskillende teikengroepe.
- Vaardig in interaktiewe bediening in ‘n digitale
wêreld en aanlyn bediening.
- Sterk leierseienskappe, kreatief, georganiseerd,
goeie kommunikasievermoë, goeie verhoudingsvaardighede,
bewese rekenaargeletterdheid, insig/vaardig in praktiese
gebruik van sosiale media platvorms/netwerke,
selfdissipline, vermoë om onafhanklik en in spanverband
te werk, aanpasbaar en onbesproke integriteit.
- Bewese leierseienskappe en etiese
bestuursvaardighede wat op visionêre wyse toegepas word
en in spanverband samewerking bevorder en ander
bemagtig.
- Administratief bekwaam en goed onderlê in algemene
gemeente bestuur met spesifieke verwysing na
personeelbestuur. ‘n Grondige kennis van die Reglemente en
Kerkorde.
- Doeltreffende finansiële bestuur van ‘n gemeente.
- Die uitbou van ‘n gasvrye atmosfeer en lidmate
intrek en betrek in bedienings.
- Fokus op onder andere kleingroepe, effektiewe
bediening aan gesinne, werkende jong lidmate en ouer
lidmate.
- Sterk pastorale ingesteldheid. Entoesiasme oor
pastorale besoeke, ook aan die ouetehuis, hospitale, en
verswakte lidmate is ‘n vereiste, asook om hierdie
verpligtinge na te kom onder Covid-19 of soortgelyke
omstandighede. Die pos vereis dat die aansoeker
behoorlik volgens erkende voorskrifte geïmmuniseer moet
wees.
- Bou van verhoudinge met die breër gemeenskap
waarbinne die NG Gemeente Riversdal-Wes funksioneer.
VERGOEDING: Die totale koste van
indiensneming (TKVI), insluitend behuising, is
onderhandelbaar met die kerkraad volgens sinodale riglyne. Nodige basiese werkfasiliteite word voorsien.
AANSOEKE: Aansoeke moet as volg gedoen
word:
|
- ‘n Omvattende CV van nie langer as
drie (3) bladsye, afgestem op hierdie pos, asook drie
resente onafhanklike referente wat gekontak mag word en
hul kontakbesonderhede. Verder moet ‘n gewaarmerkte
afdruk van die aansoeker se ID-dokument, kwalifikasies,
en geldige bestuurderslisensie die aansoek vergesel.
- ‘n DEKBRIEF, nie langer as twee (2)
bladsye nie, waarin u meer deel oor uself, die
spesifieke bydraes wat u kan lewer, en u passies.
Stawende bewyse oor u prestasies en bydraes dusver kan
van waarde wees.
- Die aansoeker moet die VOORGESKREWE
VRAELYS (by die kerkkantoor verkrygbaar)
voltooi en dit moet die aansoek vergesel.
- Die aansoeker moet skakels verskaf van haar/sy
EREDIENSOPNAMES EN/OF AANLYN EREDIENSTE.
- Aansoeke moet vertroulik gemerk word en kan per
e-pos gestuur word aan die Pre-advies Voorsitter, Koos
Eksteen (Epos: bestuurder@riversdalwes.co.za). Enige telefoniese
navrae oor die advertensie kan gerig word aan: Koos
Eksteen, Pre-Advies Voorsitter: 0825541929.
- Gekortlyste kandidate sal aan ‘n
professionele/gestruktureerde keuringsproses onderwerp
word. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar
wees op ‘n datum, tyd, en plek soos deur die
Keuringspaneel bepaal. Die proses kan ‘n preekbeurt,
psigometriese toetsing en ander praktiese evaluering
insluit.
- Indien applikante teen 25 Junie 2022
geen terugvoering van haar/sy aansoek ontvang het nie,
kan daar aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
Die Kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te
maak nie.
|
SLUITINGSDATUM: 07 Junie 2022
DIENSAANVAARDING: 01 Januarie 2023 |
|
|