NG GEMEENTE JEFFREYSBAAI
TWEE VAKATURES: HERDER (OPDRAG: SIEKESORG /STERWENS BEGELEIDING/ SENIOR LIDMATE)
GEMEENTEPROFIEL: Die NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n gemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer ±4 300 belydende en ±370 dooplidmate en word bedien deur vier voltydse leraars, vier herders en ‘n jeugwerker. Ons is ‘n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie kampusse en een bedieningspunt bedien.
Hier is tans ‘n groot behoefte aan Pastorale begeleiding en ondersteuning van lidmate in die gemeente. Jeffreysbaai beskik oor verskeie aftree-oorde in die onmiddellike omgewing en groot getalle senior lidmate wat in hulle eie wonings woon. Hierdie pos is geskik vir ‘n Leraar, pastorale versorger, afgetrede leraar of proponent wat hierdie rol kan vervul.
PROFIEL:
- Die persoon moet in alles wat hy doen in afhanklikheid tot die Here funksioneer.
- Goeie menseverhoudings, aanpasbaarheid, toeganklikheid en pastorale versorging is vir ons baie belangrik.
- Ondervinding en opleiding van Siekesorg /Sterwens begeleiding/ senior lidmate sal ‘n aanbeveling wees.
- Die persoon sal in spanverband funksioneer.
POSBESKRYWING:
- Bediening van die Woord en nagmaal in aftree-oorde in samewerking met die voltydse leraars.
- Pastorale versorging deur huis- en siekebesoeke.
- Sterwensbegeleiding, begrafnisse en rou pastoraat.
- Toerusting van lidmate (byvoorbeeld hantering van aftrede).
- Bemagtiging van senior lidmate wat nog aktief is om hulle roeping uit te leef.
- Funksioneer en word bestuur vanuit die Uitvoerende span van die gemeente.
VERGOEDINGSPAKKET:
- Die vergoedingspakket is proporsioneel tot die pligte en ure van die diensooreenkoms.
- Dit sluit nie byvoordele in nie.
- Hierdie pos is ‘n kontrak pos wat jaarliks hersien word.
AANSOEKE: Aansoek moet die volgende insluit:
- Kort CV en dekbrief ter motivering waarom u geroepe voel om hierdie taak op te neem.
- Drie referente met kontaknommers.
- Stuur u aansoek na ngkjbaai@gmail.com
- Aansoekers moet beskikbaar wees vir onderhoud.
Sluitingsdatum: 21 Januarie 2022
Diensaanvaarding: 1 Maart 2022 of so gou moontlik daarna.
NAVRAE:
Die Gemeenteraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Deur die indiening van hul CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hul CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NG Gemeente Jeffreysbaai-gemeente vir die keuringsproses gebruik kan word. |