VAN KRIP TOT KRUIS
Die siklus van Paasfees (Lydenstyd, Kruisiging, Opstanding en
Hemelvaart) en Kersfees (Advent, Kersdag en Epifanie) vorm die
twee grootste godsdienstige feesdae in die kerk. Die boodskappe in
hierdie bundel is saamgestel met die oog op hierdie twee
geleenthede.
Die bundel bestaan uit 30 boodskappe wat goed uitgelê en maklik
verstaanbaar is. Die inhoud kan gerieflik vir die voorbereiding
van preke, óf vir persoonlike verryking gebruik word.
Van die temas sluit in:
-
God het ’n “lang neus”.
-
Daar is lig in jou duisternis.
-
Jou koning kom na jou toe.
-
Natanael onder die vyeboom.
-
Die koning van die bome.
-
Malgus se oor wat afgekap is.
-
Wat doen jy met jou bondel hout?
-
Aan die regterhand van die Vader.
-
Die opwekking van Tabita.
-
Die merk van die dier en 666.
Elke boodskap getuig van goeie eksegese, hermeneutiese begrip en
homiletiese toepassing.
Formaat: Sagteband. Bladsye: 148 bladsye. Prys: R140.00
(plus koerierskoste; sal kwoteer). Bestellings en Navrae:
Selfoon: 072 633 3367, of e-pos:
nvtonder@vodamail.co.za.
|