Die NGK Tulbagh is die vierde oudste gemeente in
Suid-Afrika. Ons is ʼn klein gemeente in ʼn dorp en vallei
wat voortdurend besig is om te verander. ʼn Beduidende
groep van ons lidmate is jonger gesinne.
Ons besef dat die toekoms nie ʼn blote voortsetting van
die verlede kan wees nie. Ons glo dat ons op die drumpel
staan van die nuwe toekoms wat God besig is om vir ons te
skep.
Ons droom van ʼn gemeente waarin …
· Jesus
die Middelpunt en Fokus is van ons hele lewe en bediening
· Enigeen
onbeskaamd welkom sal voel ·
Elkeen se gawes, lewe en bediening net so belangrik is
soos dié van die leraar ·
Ons oor grense met ander hande vat vir ʼn beter en gesonder
Tulbagh vir almal
Ons vertrou die Heilige Gees vir ʼn
leraar
… ·
Wat ʼn vriend van Jesus en ʼn vriend van mense is ·
Met die leierskapstyl, gawes en vaardighede sodat ons saam
in die regte rigting kan groei ·
Wat kan waag, innoveer en eksperimenteer en saam met ons,
vanuit ʼn diepe respek vir ons erfenis en verlede, soek na
nuwe maniere om die bediening van die ou evangelie
volhoubaar voort te sit
VERGOEDING & DIENSOOREENKOMS: Die vergoeding en
diensooreenkoms word vasgestel deur onderhandeling, met
huisvesting in die pastorie. Ons voorsien dat ʼn
entrepreneur-leraar oor die langer termyn die toekoms sal
wees. Tulbagh bied verskillende moontlikhede hiervoor.
AANMELDING: As jy ʼn gelegitimeerde is van die NG
Kerk en ons droom jou hart warmer laat klop, kan jy gerus
jou CV vir ons aanstuur. Deel kortliks jou eie hart en
vaardighede met ons en gee vir ons die name van drie
referente om dit te ondersteun.
Sluitingsdatum:
Vrydag,10 September 2021 om 12h00 Diensaanvaarding: DV
vroeg 2022 Adres:
admin@ngkerktulbagh.co.za Navrae: Gert Cordier (Brugleraar) 083 555 6426 Paul Meyer (Leierouderling) 082 784 1387
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling
uit die aansoeke te maak nie.
|