Vakature: Administratiewe Beampte

Vakature: Administratiewe Beampte

Kerknuus:

 

Uitgestuur deur KERKNUUS namens NG GEMEENTE GARSFONTEIN
Stuur alle eposse aan bestuur@nggars.org.za Klik hier vir aanlyn weergawe…

NG Gemeente Garsfontein

Vakature:  Administratiewe Beampte

Aansoeke word ingewag vir die vul van ‘n pos van Administratiewe Beampte by NG GEMEENTE GARSFONTEIN.

 

KANDIDAAT SE PROFIEL:

  

•       ‘n Persoon van deurleefde spiritualiteit.

•       Toepaslike kwalifikasie en/of bewese ondervinding

•       Beskik oor goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.

•       Vermoë om in spanverband te werk.

•        Begrip vir die visie, waardes, kultuur en etos van die gemeente.

 

POSBESKRYWING:

  

•       Verantwoordelik vir alle sake rakende lidmaatskap en lidmaatskapbewyse.

•       Verantwoordelik vir alle administratiew take rakende doopaangeleenthede.

•       Verleen administratiewe ondersteuning aan leraars en Jeugleier met betrekking tot alle kategesesake.

•       Lewer ondersteunende rol aan leraars vir die skep van multi-media voorleggings vir eredienste en ander geleenthede. Verleen ondersteuning met hantering van multi-media by kerk geleenthede. Verantwoordelik vir dupliserings van leraars se preke op CD vir lidmate soos en wanneer benodig.

•      Verantwoordelik vir die skep, koördinering  verwerking en publisering van weeklikse  skriftelike en elektroniese kommunikasie.

•       Verantwoordelik vir alle administratiewe kantoor aangeleenthede.

•       Verantwoordelik vir administrasie van verskeie fondsinsamelingsprojekte.

SALARIS EN ANDER VOORDELE:

•       R 188 500 per jaar wat dertiende tjek insluit.

•       21 kalenderdae verlof per jaar. 

•       Kantoor sluit vanaf 15 Desember tot 1 Januarie.

AANSOEKE:
Aansoeke word ingedien aan die hand van die nodige aansoekvorm (verkrygbaar by  Bedryfsbestuurder). Kandidate moet beskikbaar wees vir psigometriese evaluering en
‘n onderhoud.

Aansoeke moet per e-pos gerig word aan:  Die Bedryfsbestuurder, NG Garsfontein, bestuur@nggars.org.za

NAVRAE:
Mnr Neels van Heerden by bestuur@nggars.org.za /012-3613618

Volledige pligstaat beskikbaar op aanvraag.

SLUITINGSDATUM:   20 Junie 2021

DIENSAANVAARDING: 15 Julie 2021

 

KERKNUUS…nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure
Comments are closed.
Follow by Email
Ontvang nuus van Kerknuus?    JA Nee dankie